N-Korea: Voedseltekorte, Covid, en nog ‘n uitbreking

Noord-Korea word deur ‘n golf van die Covid-pandemie en chroniese voedseltekorte geteister. ‘n Ongeïdentifiseerde aansteeklike epidemie het ook in die westelike hawestad Haeju uitgebreek. ‘n Vermoede bestaan dat dit cholera of iets soortgelyk kan wees. Leier Kim Jong Un het medisyne na die Haeju gestuur om pasiënte te help wat aan die akute ingewands-epidemie ly, het die staatsnuus-agentskap KCNA gesê, sonder om die aantal gevalle te gee of die siekte te identifiseer. Verdagte gevalle sal onder kwarantyn geplaas word en die regering monitor die epidemie.