Kinderhuwelike in Afrika kry aandag

Afrika het die hoogste koers van kinderhuwelike in die wêreld waar een uit elke vier meisies in Afrika suid van die Sahara getroud is voor die ouderdom van 18 jaar. Celeste Feris van die Verenigde Nasies se Internasionale Kindernoodfonds, UNICEF, het tydens die Internasionale Dag van die Afrika-kind-vieringe gesê lande moet besin oor wat meer gedoen moet word om skadelike praktyke wat kinders in Namibië raak, effektief uit te wis. Vandag in Afrika en regoor die wêreld is 650 miljoen meisies en vroue as kinders getroud en meer as 200 miljoen is aan vroulike geslagsverminking onderwerp, sê Feris. Maatskaplike aktivis, Rosa Namises, sê ons kinders het kommoditeite geword.

Namises sê dit was nooit ‘n kultuur van Afrika nie.