253 kriminele sake en 3 verkragtings, daagliks

Amper 253 kriminele sake is daagliks in die 2020-2021 finansiële jaar in Namibië gemaak met net minder as 179 000 sake wat van die vorige jaar oorgedra is wat die totaal op net meer as 271 000 te staan bring. Net 39 persent van die sake is afgehandel. Die meeste misdade was huisbrake op net minder as 7 500 met geslagsgeweld wat tweede kom met net minder as 4 500 gevalle gedurende die jaar. ‘n Totaal van 3 610 veediefstal sake is gemaak en net meer as 2 100 dwelmklagte is gelê. Daar was net meer as 3 verkragtings daagliks gedurende die jaar.