US$380m vir gimnastiek molestering slagoffers

Gimnastiek Amerika en dié land se Olimpiese en Paralimpiese komitee het ooreengekom om 380 miljoen Amerikaanse dollar te betaal as skikking aan slagoffers wat deur die gewese nasionale gimnastiek-spandokter, Larry Nassar, misbruik is. Die skikking dek eise deur Olimpiese gouemedalje-wenners soos Simone Biles, Aly Raisman en McKayla Maroney. Nassar is in 2018 tot meer as 300 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy gimnaste gemolesteer het. Gimnastiek Amerika het na die skikking in ‘n verklaring beloof om atlete se veiligheid eerste te stel.