Trump het die erns van die 6 Jan. aanval verstaan

Die Amerikaanse gekose komitee wat die aanval op die kongresgebou op 6 Januarie ondersoek, het aanbeveel oudpresident Donald Trump se Withuis-stafhoof, Mark Meadows, moet aangekla word van minagting van die kongres. Dit volg nadat hy versuim het om voor die komitee te verskyn. Die ondervoorsitter van die gekose komitee, Liz Cheney, sê Meadows het ‘n dokument van meer as 9 000 bladsye oorhandig as deel van ‘n samewerkingooreenkoms. Dit sluit teksboodskappe in wat hy ontvang het terwyl die oproer aan die gang was: