Trump nie geskik as president, sê 51% van AmerikanersJune 3, 2024
ʼn CBS News-peiling toon 56-persent van Amerikaners dink oudpresident Donald Trump se skuldigbevinding was regverdig. ʼn New Yorkse hof het hom skuldig bevind dat hy tydens die 2016-presidentsveldtog sakerekords vervals het om swyggeld-betalings aan die gewese porno-ster Stormy Daniels weg te steek. Een-en-vyftig persent van die deelnemers glo hy is na sy skuldigbevinding nie geskik om president te wees nie, terwyl 45-persent sê hy moet tronk toe gaan. Trump, wat die eerste Amerikaanse president is wat aan ʼn misdaad skuldig bevind word, sal in Julie gevonnis word.