Uitslag van Opul-groep vergadering nog nie bekendJune 3, 2024
Die Opul-plus groep olieprodusente het sy beleidsvergadering met ‘n dag tot gister, 2 Junie teruggeskuif en die groep het aanlyn vergader. Die uitslag van die vergadering is nog nie bekend nie, en die Brent ru-olieprys het effe geklim na net meer as 82 Amerikaanse dollar 50. Die groep maak op die oomblik vrywillige uitsetbesnoeiings van altesaam sowat 2,2 miljoen vate per dag vir die eerste helfte van 2024, gelei deur Saoedi-Arabië. Die bekende Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy verwagtinge vir die vergadering.