Sterk standpunte van Brics verwag July 6, 2025

‘n Beraad vir Brics-lande begin vandag in Rio de Janeiro, waar hulle na verwagting sterk standpunt teen die konflik in die Midde-Ooste gaan inneem, asook kapsie maak teen president Donald Trump van Amerika se handelstariewe. Die stad is gasheer vir leiers en diplomate van 11 opkomende ekonomieë, insluitend China, Indië, Rusland en Suid-Afrika, wat byna die helfte van die wêreldbevolking en 40 persent van sy BBP verteenwoordig. Die Chinese president Xi Jinping sal vir die eerste keer die beraad misloop. Vladimir Putin van Rusland staar ‘n Internasionale Strafhof-lasbrief vir inhegtenisneming in die gesig en sal aanlyn deelneem.