Namibië nie meer in erge hongerkrisis, sê FAO July 6, 2025
Danksy gunstige weersomstandighede word Namibië nie meer beskou as een van die lande met die ergste voedselonsekerheid ter wêreld nie. Die Voedsel- en Landbou-organisasie van die Verenigde Nasies se jongste Hunger Hotspot-verslag toon Namibië, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Zambië en Zimbabwe word nie langer krisislande geklassifiseer nie. Die FAO het egter gemaan dat moontlike klimaatsveranderings in die toekoms kan veroorsaak dat dié lande weer as brandpunte beskou kan word.