Voetgangersterftes verdubbel in NamibiëJuly 6, 2025
Die veiligheid van voetgangers op Namibië se paaie is toenemend ‘n bron van kommer, sê die Motorvoertuig-ongelukkefonds, die MVAF. Altesaam 555 voetgangers was tot dusver vanjaar in padongelukke betrokke, 13,5 persent meer as die ooreenstemmende tydperk in 2024. Sterftes het met meer as die helfte gestyg – van 63 tot 96.