MUN kap myne, regering oor veiligheidJune 3, 2024
Die Mynwerkers-vakbond van Namibië, MUN, hou die Rössing-uraanmyn naby Arandis en die Xinfeng-litiummyn by Uis verantwoordelik vir die dood van twee werkers. Die werker by Rössing het volgens plaaslike media gesterf terwyl hy aan konstruksie van ‘n sonkrag-aanleg gewerk het. Die werker by Xinfeng het glo swart slym gehoes voor sy sterfte. Die vakbond se sekretaris-generaal George Ampweya sê myne pas nie genoegsame veiligheidsmaatreëls toe nie. Daar is ook minimale tot geen oorsig deur veiligheidsinspekteurs nie. Die vakbond doen ‘n beroep op die regering om dadelik oorsig-meganismes te versterk, die handhawing van veiligheidsmaatreëls af te dwing en diegene wat profyt bo werkers se veiligheid stel, verantwoordelik te hou.