166 aansoeke vir verstekvonnisse by mosiehof

Die mosiehof is vanoggend deur regters Shafimana Ueitele en Nate Nadauendapo hanteer. Daar was 166 aansoeke om verstekvonnisse waarvan agte reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 66 aansoeke gebring waaronder nege voertuie opgeëis is en 32 onbetaalde lenings, met ‘n uitstaande waarde van 7,8 miljoen Namibiese dollar, nou betaalbaar is. ‘n Totaal van 25 eiendomme met uitstaande skuld van 25,4 miljoen dollar is ook teruggevra. In Maandag se sessie sal regter Ndauendapo 39 onverdedigde egskeidings hanteer.