Skokkende moordsyfers uit SA

Moordsake in Suid-Afrika neem steeds toe. Die polisie se misdaadstatistiek vir Oktober tot Desember verlede jaar, is vanoggend bekend gemaak. Die syfers dui ‘n toename van 8,9 persent in moordsake aan. ‘n Woordvoerder, Thulare Sekhukhune, het die statistiek aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie voorgelê en sê 6 859 moorde is in die derde kwartaal aangeteken. Dit is 562 meer as in dieselfde tydperk in 2020. Sekhukhune dui verder aan pogings tot moord het met 3,5 persent toegeneem. Net meer as 900 vroue is in die derde kwartaal vermoor en 352 kinders tot op die ouderdom van 17 is vermoor met 394 wat slagoffers van poging tot moord was.