Zuma-parool: AfriForum staan ook aansoek vir appèl teen

AfriForum gaan vandag oud-president Jacob Zuma se dringende aansoek om verlof tot appèl teen die beslissing wat sy mediese parool onwettig verklaar het, teenstaan. Regter Elias Matojane het verlede week in die Noord-Gautengse Hooggeregshof beslis Zuma se mediese parool moet herroep word. AfriForum sê Zuma se aansoek is net ‘n vermorsing van die hof se tyd en het geen redelike kans op sukses nie. Die Departement van Korrektiewe Dienste wil ook appelleer teen Matojane se uitspraak.