Zondo sê geen van Zuma se regte is geskend nie

Suid-Afrika se pasaangestelde hoofregter, Raymond Zondo, sê die staatskapingskommissie se besluit om oudpresident Jacob Zuma te daag om voor hom te verskyn, is op ‘n wettige manier uitgevoer. Zondo sê nie een van Zuma se regte is deur die Konstitusionele Hof geskend nie:

Intussen het Zondo toegegee dit sou waarskynlik beter gewees het om vroeër vir langer uitstel van die staatskapingsverslag te vra, eerder as uitstel van drie maande op ‘n slag. Die Hooggeregshof in Pretoria het gister ses weke uitstel gegee voordat die vyfde en laaste deel van die verslag oorhandig moet word: