Elektriese voertuie al hoe meer gewild

Die verhoogde brandstofpryse het sommige Namibiërs genoop om eerder ‘n elektriese voertuig aan te skaf. Brandstofpryse het skerp gestyg sedert die Russiese-Oekraïnse oorlog wat steeds voortduur. Die ministerie van myne en energie sal vanoggend Mei se brandstofprys bekend maak. Jens Denk, ‘n vennoot van Electric Vehicles Namibia sê aan Kosmos 94.1 Nuus die aanvraag na elektriese voertuie het beslis gestyg.