Amazon teken verlies aan

Die tegnologie-reus, Amazon, het sy eerste kwartaallikse verlies sedert 2015 aangeteken en waarsku dat nog verliese moontlik voorlê. Amazon het die eerste drie maande van die jaar ‘n verlies van 61,3 miljard Namibiese dollar getoon en pak die skuld hiervoor hoofsaaklik op sy aandeel in die elektriese-motormaatskappy, Rivian. Dit voorspel in die komende maande groei van slegs drie-persent in verkope teenoor die dubbelsyfer-groei van die afgelope paar jaar, selfs voor die Covid-19-pandemie.