Zim wil buitelandse werk vir verpleërs kriminaliseer

Zimbabwe se visepresident sê die uittog van gesondheiswerkers in die land is ‘n misdaad teen die mensdom. Constantino Chiwenga, wat ook die land se minister van gesondheid is, sê die regering sal nie meer klaringsertifikate vir Zimbabwiese gesondheidswerkers om in ander lande te praktiseer, uitreik nie. Hy voeg by dat daar planne is om die aanstelling van Zimbabwiese verpleegsters te kriminaliseer omdat hulle aktief deur buitelandse instansies gewerf word. Hy sê Zimbabwiërs sterf in hospitale omdat daar geen verpleegsters en dokters is nie en het Zimbabwiërs aangemoedig om as gesondheidswerkers op te lei.