Japanse Black Hawk stort in die see neer

‘n UH-60 Black Hawk-helikopter van die Japanse weermag het vermoedelik naby Mijako-eiland in die see neergestort. Daar was tien bemanningslede aan boord. ‘n Regeringsamptenaar het aan Associated Press bevestig wrakstukke is in die see sowat 1 500 kilometer suid van Tokio opgemerk. Japan is besig om sy  verdediging in die suidweste van die land op te bou, in reaksie op China se militêre aktiwiteite in die streek. Japan se premier, Fumio Kishida sê ‘n reddingsoperasie is nou hul grootste prioriteit in die hoop dat mense lewend gevind word.