Freddy: GRN skenk N$1,8m aan Malawi

Die Namibiese kabinet het ‘n skenking van 1,8 miljoen Namibiese dollar aan Malawi goedgekeur. Die fondse is ter ondersteuning van die impak van sikloon Freddy wat verlede maand deur die land gewoed het. Volgens die weeklikse verklaring van die kabinet se beslissings, sê die inligtingsministerie dat ‘n versoek deur die Malawiese regering vir bystand goedgekeur is. Freddy het in Maart vanjaar verwoesting in Malawi gesaai en in net vier dae is meer as 320 Malawiërs dood met 180 000 wat ontheem is.