Zim-staatsamptenare verwerp 100% verhoging

Terwyl Namibiese staatsamptenare die ‘n sent ekstra sal ontvang nie, het Zimbabwiese staatsamptenare ‘n aanbod vir ‘n 100 persent loonverhoging van die regering verwerp. Inflasie in die land is op 132 persent gemeet. Die land se konfederasie van vakbonde het die aankondiging gemaak. Hulle eis dat die laagsbetaalde staatsamptenaar 840 Amerikaanse dollar, of 13 473 Namibiese dollar per maand kry, vergeleke met hul huidige salaris van 18 000 Zimbabwiese dollar, of 850 Namibiese dollar. Alternatiewelik wil hulle ‘n salaristjek hê wat ‘n mengsel van die dollar en die plaaslike geldeenheid insluit. Zimbabwe se jaarlikse inflasiekoers het in Mei tot die hoogste vlak in ‘n jaar gestyg, aangesien voedselpryse byna verdriedubbel het.