Klagtes teen Jantjies voorwaardelik teruggetrek

Die Landdroshof in Kemptonpark het voorwaardelik die strafregtelike saak teen die Springbok-losskakel Elton Jantjies teruggetrek. Die hof het beslis Jantjies moet die ondersoekbeampte in kennis stel sou hy van adres verander. Hy is twee weke gelede by die OR Tambo-internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hy glo eiendom op ‘n vlug van die Emirates-redery beskadig het. Jantjies is onlangs ingesluit in die 48-speler Springbokgroep vir die reeks in Julie teen Wallis, die Rugby-kampioenskap en die toer in November deur Europa.