Zandile Mafe se saak uitgestel omdat parlementsgebou tans oorstroom is

Die Kaapstadse landdroshof het die saak teen die beweerde brandstigter by die parlement, Zandile Mafe, vir ses weke uitgestel. Die staat het dit versoek om uitstaande ondersoeke af te handel aangesien die parlementsgebou tans oorstroom is en nie toeganklik is nie. Die streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê die staat gaan ‘n klagstaat en feite-opsomming van ‘n positiewe gesigs-herkenningsverslag indien. Hy sê Mafe word aangekla van huisbraak met opset om terreur en brandstigting te pleeg, asook terreur, brandstigting en diefstal.