Netflix gee R929 aan SA filmbedryf

Netflix het 929 miljoen rand aan die Suid-Afrikaanse filmbedryf toegewys. Die wêreldwye stromingsdiens het dié belofte in Johannesburg gemaak by die vierde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie in die Sandton Konferensiesentrum. Netflix se woordvoerder, Shola Sanni, het gesê as deel van die belofte, sal daar geleenthede wees vir opleiding en die oordrag van vaardighede.