Zamibiese ekonomie moet verder groei – minister

Zambië se minister van finansies, Situmbeko Musokotwane, sê die land se ekonomie het verlede jaar met 3,1 persent gegroei, maar dat die land na hoër groei moet strewe. Inflasie het gedaal vanaf 16,4 persent in Desember 2021 tot 9,9 persent in Desember 2022. Musokotwane sê die teiken is steeds om tussen 6 en 8 persent te wees. Die regering se buitelandse skuld het teen einde September 2022 tot 13,36 miljard Amerikaanse dollar gestyg, op van 13,04 miljard dollar wat aan die einde van 2021 aangeteken is. Die Zambiese regering word veral in die Suider-Afrikaanse streek geloof vir uiters goeie ekonomiese beleid en bestuur.