Vyfde Dakar-titel vir Nasser Al-Attiyah

Katar se Nasser Al-Attiyah het vandag vir die vyfde keer die Dakar-kroon opgeraap, terwyl die Argentynse KTM-jaer Kevin Benavides geseëvier het om sy tweede titel in Saoedi-Arabië te wen. Al-Attiyah, die heersende kampioen vir Toyota saam met navigator Mathieu Baumel, het die laaste 14de skof afgesluit met ‘n voorsprong van ‘n uur en 20 minute bo Frankryk se negemalige wêreldtydrenkampioen, Sebastien Loeb. Al-Attiyah is nou tweede op die lys van top-wenners in die motorkategorie agter die agt-malige kampioen Stephane Peterhansel van Frankryk.