Beurtkrag: DA ruk op na Luthuli House, vra massa-aksie

Die DA-leier John Steenhuisen sê die party reël op 25 Januarie ‘n groot opmars na die ANC se hoofkantoor by Luthuli House in Johannesburg teen die elektrisiteitskrisis, wat hy sê deur die ANC georkestreer is. Nersa het ‘n tariefverhoging van 18,65-persent goedgekeur vir Eskom, vir die 2023/2024-boekjaar. Steenhuisen sê huishoudings sukkel om kos op die tafel te sit, besighede vind dit moeilik om hulle personeel te betaal en fase ses beurtkrag kos Suid-Afrika tussen 4 en 6 miljard Suid-Afrikaanse rand per dag: