Vakbonde vergader met minister oor stakende Clover-werkers

Stakende Clover-vakbonde sal na verwagting vandag met die Suid-Afrikaanse minister van handel, Ebrahim Patel, oor die nasionalisering van Clover vergader. Sowat 5 000 werkers het verlede maand gestaak nadat Clover aangekondig het alle werknemers se salarisse word gesny. Die president van die betrokke vakbond Giwusa, Mametlwe Sebei, sê honderde werkers het ook sonder enige bespreking briewe van afdanking ontvang, asook briewe waarvolgens werkers se poste afgeskaf word.