Yubin Jung bespreek sy plek in die Sonskyntoer

Gholf: Yubin Jung het sy plek in die Sonskyntoer vir die volgende seisoen bespreek toe hy die Vusi Ngubeni-toernooi by die Huddle-park gholfklub in Johannesburg gewen het. Jung het gister op 68 afgesluit om met 16 onder baansyfer te eindig, een hou voor Keelan van Wyk wat sy finale ronde op 66 afgesluit het. Die 15 voorlopers en diegene wat saam in die 15de plek was, is almal verseker van hulle plekke in die Sonskyntoer vir 2022/2023-seisoen.