Suid-Afrika kan dalk nog ‘n vakansiedag kry

Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika wil hê die regering moet Voorouersdag op 8 Mei amptelik as ‘n openbare vakansiedag verklaar. Die doel is om Afrika-spiritualiteit te eer en te gedenk. Contralesa het in Mei 2021 met die steun van die Nasionale Vergadering van Tradisionele Leiers en die Nasionale Khoisan-raad ‘n besluit geneem om 8 Mei as Vooroudersdag te verklaar. Contralesa sê die dag moet amptelik ‘n dag wees van besinning, gebed en vrede maak met mense se voorouers.