Passasier stap uit op vlerk van bewegende vliegtuig

Amerikaanse owerhede is besig om klagtes saam te stel teen ‘n passasier wat die deur van ‘n United Airlines-vliegtuig oopgemaak en op die vlerk uitgestap het, terwyl die vliegtuig op die aanloopbaan beweeg het. Die voorval het by die O’Hare Internasionale Lughawe in Chicago gebeur, kort nadat die vliegtuig op ‘n vlug van San Diego af geland het. Die stad se polisie sê die man het van die vlerk afgegly en op die teerblad beland. Hy is in hegtenis geneem, terwyl die ander passasiers veilig van die vliegtuig afgestap het.