Yasmeen gaan speel in Dubai

Die Capricorn Eagles vrouespan se onderkaptein Yasmeen Khan is uitgenooi vir die komende Fairbreak uitnodigingstoernooi in Dubai. Volgens Khan is die toernooi een wat geslagsgelykheid bevorder. Die toernooi in Dubai, in samewerking met Krieket Hongkong, sal die eerste van sy soort in die wêreld wees. Daar sal ’n totaal van ses spanne wees en 19 wedstryde binne 15 dae tussen 1 en 15 Mei. Internasionale spelers van oor die wêreld heen sal daarin deelneem, wat van die heel bestes insluit.