Nampol vra hulp om vermeende stropers te identifiseer, in Etosha doodgeskiet

Luitenant-generaal Joseph Shikongo vra die publiek se hulp om twee vermeende stropers te identifiseer. Volgens ‘n mediaverklaring het die teenstropery-eenheid op 1 Mei in die weste van Etosha Nasionale Park, spore wat die park betree gevolg. Shikongo sê die eenheid het meer as 60 kilometer die twee gespoor tot by ‘n watergat wat bekend is vir renoster-teenwoordigheid. Hy sê die twee mans het op die eenheid geskiet. Die eenheid het teruggeskiet en die twee is dood. Hulle was in besit van jaggewere maar het geen identiteitsdokumente aan hulle gehad nie. Die oorskot is tans by die Omuthiya-lykshuis. ‘n Saak van moord word ondersoek.