SA is stabiel – Cele

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele sê daar is geen bedreiging vir die stabiliteit van die buurland nie, en dis in veilige hande. Die verslag deur ‘n paneel deskundiges oor verlede jaar se Julie-onrus in dele van KwaZulu-Natal en Gauteng, het bevind veiligheidsdienste het versuim om betyds te reageer. Die onrus het gelei tot grootskaalse plundering van besighede en die dood van meer as 300 mense. Cele sê die stand van polisiëring sal voortaan gespesialiseerd en herfokus word: