Kazakstan se MotoGP uitgestel na oorstromings

Die MotoGP-ren in Kazakstan is van volgende maand tot later vanjaar uitgestel nadat ‘n nasionale ramp in die Sentraal-Asiatiese land afgekondig is ná verwoestende oorstromings. Die organiseerders Dorna Sport sê dit sal nie regverdig óf verantwoordelik wees om bykomende druk op die land te plaas nie. Verlede jaar se wedren, wat die eerste in Kazakstan sou wees, moes gekanselleer word toe die baan nie gereed was nie. Vanjaar se Argentynse MotoGP moes ook gekanselleer word, wat beteken dat 20 bevestigde wedrenne vir die jaar oorbly.