Wynbedryf moet herbou word

Die wynbedryf het ‘n beroep op die Suid-Afrikaanse regering gedoen om hande te vat om die sektor te herbou en ‘n omgewing te skep wat mense bemagtig. Die besturende direkteur van Vinpro, Rico Basson, sê landbou is geïdentifiseer as ‘n dryfveer van ekonomiese groei. Die wynbedryf speel ‘n belangrike rol in hierdie sektor en dra 55 miljard rand tot die bruto binnelandse produk by. Basson sê hulle hoop om van die minister van finansies, Enoch Godongwana, te hoor oor volhoubare beleidsbesluite vir die bedryf wanneer hy volgende week sy mediumtermyn-begrotingsbeleid voorlê.