All4YOUth help jongmense wêreldwyd

Die YOUth-alliansie, All4YOUth, hou Maandag ‘n webinaar genaamd “Die uitvoerende hoof en jeug verbind” wat maniere sal verken hoe jongmense kan aanpas by ‘n energieke werksomgewing met vaardighede wat hulle benodig om toegang tot betekenisvolle werk te kry. All4YOUth is ‘n alliansie wat saamwerk om jongmense regoor die wêreld te help om die nodige vaardighede te bekom. All4YOUth se woordvoerder, Zweli Mnisi, sê dit is ‘n webinaar wat sal verseker elke jongmens kan in diens geneem word, veral in hierdie Covid-tyd.