Bollywood is terug in rolprentteaters

Indië se rolprentbedryf hoop ondersteuners gaan terugkeer na rolprentteaters wat weens die Covid-pandemie meer as ‘n jaar lank gesluit was. Die eerste A-lys Bollywood-rolprent wat sedert Maart verlede jaar te sien sal wees, is die polisiedrama Sooryavanshi waarin van die land se bekendste akteurs te sien is. Die woordvoerder Shibasish Sarkar sê dit was moeilik om te wag vir ‘n bekendstelling in ‘n teater, maar sekere rolprente moet op die groot silwerskerm gesien word.