Wynbedryf kan hupstoot met verslapte inperkingsreëls kry

Die Wes-Kaapse landbousektor sê die nuwe aangepaste vlak 3-inperking sal die wynbedryf ‘n broodnodige hupstoot gee. Kleiner produsente, mikro-kelders en boetiek-brouerye is die swaarste getref deur die afgelope maand se handelsverbod. Die departement sê 30 persent van hierdie brouerye moes reeds sedert die begin van die pandemie sluit en wingerdboere se netto wins het met 77 persent afgeneem. Die departement sê die verslapping van inperkingsmaatreëls beteken die bedryf kan nou herbou en werksgeleenthede red.