WNNR voorspel ANC gaan steun verloor in verskeie provinsies

Die WNNR voorspel die ANC sal in vergelyking met die 2016 plaaslike regeringsverkiesing, in verskeie munisipaliteite landwyd steun verloor van 54,5 persent in die vorige verkiesing na 46,6 persent vanjaar. Volgens ‘n WNNR-woordvoerder, Jeffery Baloyi, is verder voorspel die DA sal nasionaal daal van 27 persent tot 22,8 persent. Baloyi sê die EFF se steun gaan egter van agt persent tot 10,6 persent toeneem. ‘n Verdere voorspelling is die VF Plus sal vanaf 0,8 persent tot 2,7 persent styg. Baloyi sê die ANC sal in die Stad Johannesburg met 8,3 persentasiepunte daal, en die DA met 7,1 persentasiepunte.