OVK: 90 persent van stemuitslae sal vanaand afgehandel wees

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se hoof, Sy Mamabolo, sĂȘ na raming sal 90 persent van die uitslae teen vanaand afgehandel wees. Die orige tien persent behoort dan binne 24 uur afgehandel te word. Teen half-elf vanoggend was 27persent van die 64 502 verwagte uitslae bekend. Die Noord-Kaap het 74 persent van sy uitslae voltooi, gevolg deur die Wes-Kaap met 46 persent en die Vrystaat derde met 26 persent.