Blinde Suid-Afrikaners op stemdag geïgnoreer

Blind SA sê hulle is teleurgesteld omdat die Onafhanklike Verkiesingskommissie blinde en swaksiende mense op stemdag geïgnoreer het. Die organisasie se uitvoerende hoof, Jace Nair, sê die OVK het 27 000 universele patroonplate vir blinde en swaksiende kiesers voorberei wat landwyd versprei sou word. Nair sê tydens hul waarneming by die meeste stemlokale was hierdie patroonplate egter nie beskikbaar nie en Blind SA het klagtes by hierdie stemlokale ingedien.