Windhoekers ruk op (Okahandja staan hulle by)

Inwoners van Katutura, sowel as die van Okahandja, hou vanoggend ‘n optog in die hoofstad, teen die munisipaliteit. Die optog handel oor die uitstaande skuld aan Stad Windhoek en die gepaardgaande stappe wat die Stad sê hy sal neem in die verband. Vernon Kharuchas, een van die inwoners en organiseerders het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Okahandja-aktivis, Sydney Gariseb sê hulle bied bystand omdat hulle ook sukkel om grond te bekom en met RedForce Debt Collection stoei oor uitstaande rekenings.