Windhoek se kersliggies word aangeskakel

Die nuwe burgemeester van Windhoek Sade Gawanas het ‘n boodskap van hoop gegegee toe sy gisteraand amptelik die kersliggies in die hoofstad aangeskakel het. Volgens haar is niks onmoontlik nie, en gesê as sy, as vrou, burgemeester kon word, is dit ‘n bewys daarvan. Musikant Adora het vir die regte atmosfeer gesorg by die geleentheid. Gawanas se adjunk Joseph Uapingene het dit ook bygewoon.