Baie belastingontduikers in Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê sy ontleding van die buurland se regering se verkryging van persoonlike beskermingstoerusting het groot getalle handelaars aan die lig gebring wat nie belasting betaal nie maar sake met die regering doen. Die inkomstediens sê hy het sowat een-duisend-900 ondernemings geïdentifiseer wat tussen Maart verlede jaar en Mei vanjaar 6,3-miljard-rand uit regeringskontrakte gemaak het, maar nie vir BTW geregistreer is nie. Hy voeg by dat nog twee-duisend-380 handelaars wat wel vir BTW geregistreer is, ‘n belastingopgawe van nul ingedien het, al het hulle saam meer as nege-miljard-rand uit regeringskontrakte verdien.