Winde sê Rampstatus moet waai

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, vra vir die opheffing van die Nasionale Rampstatus en vir die implementering van ‘n beter Covid-19-bestuurstelsel. In Namibië is die noodtoestand na ses maande reeds opgehef maar dit duur steeds in die buurland. Winde sê die beperkings moet geïmplementeer word volgens die vermoë van die gesondheidsorgstelsels in die onderskeie provinsies om die pandemie te hanteer. Hy voeg by die regering moet die balans vind tussen die red van lewens en mense se lewensbestaan: