Windaanleg sal olifante se kommunikasie benadeel

Die Suid-Afrikaanse minister van die omgewing, Barbara Creecy, sê haar departement se appèl-afdeling oorweeg nog die appèlle in verband met die oprigting van ‘n windaanleg teenaan die Addo-olifantpark in die Oos-Kaap. ‘n Woordvoerder sê die Wildernis-stigting en die Indalo-vereniging vir private natuurreservate het teen die aanleg geappelleer. Hulle is bekommerd omdat die omgewings-beoordelingsverslag glad nie na geraas verwys het nie. Hulle glo die infrasoniese geraas van die turbines kan olifante se kommunikasie benadeel.