Afrika se bergwoude uiters belangrik

‘n Studie deur Rwandese en Britse navorsers toon dat Afrika se bergwoude baie meer koolstof absorbeer as wat voorheen bekend was. Die VN se Inter-regeringspaneel op Klimaatverandering het die kapasiteit van die woude op 89 metrieke ton per hektaar geskat maar, die jongste navorsing toon dat die woude meer as 150 metrieke ton absorbeer. Die span het gekyk na 44 woude in berge van 12 Afrika-lande. Die navorsers het beklemtoon dat beskerming van die woude uiters belangrik is.