Weet Zuma werklik iets?

Oudpresident Jacob Zuma het in die verlede al by verskeie geleenthede genoem dat hy met die spreekwoordelike sak patats sal uitkom oor wie nog betrokke was by staatskapingsaktiwiteite. Professor Andre Duvenhage ‘n politieke ontleder in Suid-Afrika het sy mening oor die Zuma-uitlatings en of dit die ANC-regering kan skade berokken so opgesom aan Kosmos 94.1 Nuus.