Wil jy drank of dagga koop? Inenting asb.

Inwoners van die Kanadese provinsie Quebec sal moet ingeënt wees as hulle toegang tot drankwinkels en verskaffers van dagga wil kry. Die provinsiale gesondheidsminister Christian Dubé sê inentingsyfers is te laag en daarom die klem op verkope van drank en cannabis-produkte. Die wetgewing is reeds vanaf Dinsdag in werking. Hy het gewaarsku dat nog maatreëls in plek gestel sal word om te verseker dat inwoners hulle teen Covid laat inent.